Francois Van Coke - Francois Van Coke

Die frontman van Fokofpolisiekar se eerste solo album, 'n surprise en 'n plesier om na te luister vir enige music fan.

Vir mense wat nie weet nie, hierdie album, oftewel sekere songs, is amper 'n persoonlike manifesto teenoor die lewe deur die skrywer, Francois van Coke.

Die agtergrond van Fokofpolisiekar hoef nie herhaal te word nie (gaan lees Biografie van 'n Bende!). Ek was 'n solid fan van hulle vandat hulle begin het, en het moer baie in my teens hulle live gaan kyk.

Met hierdie album het Francois Van Coke op sy eie bewys dat hy 'n kunstenaar van formaat is.

Elke song is heeltemal eerlik oor hoe hy voel. Hy het daarna verwys in 'n klomp interviews en het ook vrese openbaar oordat hy nie weet hoe die publiek daarna sal kyk nie.

Hoogtepunte:

  • Behoort aan niemand nie
  • Hulle sĂȘ
  • Skree
  • Maanskyn en Rose

Alles eintlik.

Ek het hierdie album heeltyd geluister in my kar terwyl ek deur 'n healing periode in my lewe was, en dit het rerig iets beteken vir my.

Enige album wat 'n openbaring van iemand se opinies, gedagtes, vrese en waarhede na vore bring, is nogal iets om te respekteer.

Luister na Behoort Aan Niemand Nie.

Next review